‘n Harige storie vir November!
- Nita Fourie
- 24 minutes ago
- 2 min read
Die waarde van laventel is natuurlik nie net vir vroue beskore nie. In November vier ons die gesondheid van ons manne saam met die Movember beweging.
November staan deesdae dikwels bekend as Movember. Dit verwys na die jaarlikse geleentheid waar manne ‘n snor kweek. Dit word o.a. gedoen om bewustheid te skep vir prostaatkanker, mans se geestesgesondheid en spesifiek selfdood voorkoming.
Don’t mow it, grow it!
Die idee van Movember is in 2003 deur twee vriende, Travis Garone en Luke Slattery, in Australië begin. Hulle het in ‘n kroeg gesit en gesien ‘n snor is uit die mode en wou dit laat herleef. ‘n Vriend se ma was betrokke by borskankerfondsinsameling en sy was die inspirasie vir hulle plan. Hulle het besluit om snorre te groei om geld in te samel vir mansgesondheid. Hulle het begin deur 30 vriende uit te daag om ‘n snor te kweek en oral te vertel waarom hulle dit doen. Vandag is meer as 6 miljoen mans reeds betrokke by die veldtog en is duisende projekte so befonds. Meer as R6-miljard is al ingesamel!
Wat ‘n inspirerende verhaal van twee manne wat nie net gepraat en gedroom het nie. Hulle het iets gedoen! ‘n Mooi les vir ons almal.
Navorsing wys dat daar elke minuut ‘n man sterf aan selfdood. In Suid Afrika is 75% van selfdoodgevalle mans. Dit is ook die grootste oorsaak van manssterftes onder 35 jaar. Dit is mos nie iets wat ons net kan ignoreer nie.
Daar is vele redes vir dié selfdood syfers. Een daarvan is dat mans waarskynlik moeiliker oor hulle gevoelens en geestesgesondheid praat . Hulle kan soms sukkel om hoë stresvlakke te erken, want daar is dikwels steeds die persepsie dat mans te alle tye sterk moet wees.
Kom ons ondersteun die manne. Skep geleentheid om oor stres te praat. Sonder om hom in ‘n blik te druk en te begin karring!
Ons weet laventel is ‘n wonderlike stresverligter. Gebruik dit! Die Purple Posy reeks is geskik vir mans en vroue, omdat dit suiwer essensiële olie bevat en nie parfuum nie. Die geur is natuurlik.
Beplan tyd vir ontspanning in jou besige dagboek. Dit is noodsaaklik, al word dit meestal as ‘n luuksheid beskou. Kom ons ondersteun die manne in die veldtog. Moedig jou man, broer of seun aan om self betrokke te raak by die verbetering van hulle algemene gesondheid.
Be a man of more words
Die beweging moedig manne aan om te gesels oor hulle gevoelens en probleme. Mag jy dit regkry om na jou manne te luister. Sonder kritiek en ongevraagde opinies. Snuif jou laventel en geniet die maand saam met jou manne.




Comments