Augustus is Vrouemaand!
- Nita Fourie
- Aug 28
- 1 min read
Ons vier weer Vrouemaand. Daar word jaarlike baie geld spandeer aan veldtogte wat sulke spesiale dae, soos Vrouedag, vier. Tog kan ‘n mens nie help om soms te wonder of dit die moeite werd is nie. Baat vroue regtig daarby? Verander dit lewens?
Vrouedag herdenk die optog van ongeveer 20 000 vroue in 1956. Hulle het ‘n verskil gemaak deur standpunt in te neem. Goeie dinge gebeur wanneer gewone vroue oorgaan tot aksie.
Ons kan nie almal groot dinge doen nie. Maar een vrou kan wel vir ‘n ander vrou iets beteken! Raak betrokke as jy weet ‘n vriendin, buurvrou of familielid gaan deur ‘n moeilike tyd. My ma het my geleer dat ‘n koppie tee en ‘n gewillige oor, wondere kan verrig. Gee wat jy het en doen wat jy kan, dan gaan Vrouemaand vir jou beslis nie ongesiens verby nie.
Dalk kan jy hierdie tyd gebruik om aan jou eie welstand te werk. Onthou as dit met jou beter gaan, raak dit gewoonlik ook jou mense positief. Beheer jou stresvlakke, boek tyd in jou dagboek vir lekker dinge. Vra raad en kry hulp as jy moet.
Omring jou met laventelgeure en soek klein wonderwerkies in elke dag. Vrouwees moet gevier word. Dalk het jy nog n fyn, valletjies rok wat pas. Of pragtige polvye wat jy bêre vir die ridder op die wit perd. Trek alles aan, hang jou pêrels om jou nek en skink n glas sjampanje! Vroue hou die pilare van die lewe regop!




Comments