top of page

Afrikaans dans tussen die laventel!

Ons mooi Afrikaans  vier vanjaar ‘n 100-jarige bestaan. Hoe lekker is dit dat ons dit elke dag kan hoor en praat.  Ons aanvaar dit sonder om te veel daaroor te dink. As jy met iemand in die buiteland praat, vertel hulle dikwels hoe hulle na ons taal verlang.


Ek was bevoorreg om by ‘n paar geleenthede te wees waar Afrikaans-100 gevier is. Ek voel sommer geïnspireer om weer te let op hoe ek praat. Ek delf weer in mooi uitdrukkings waarvan ek al vergeet het. Liz Meiring sê taal leef voort in die monde en harte van mense wat dit praat. Kom ons praat dit oral en leer die jonges genoeg woordeskat dat hulle dit ook kan geniet.


Ek deel graag 'n gedig, 'n Landery van saam-staan-vroue, wat Louise Lachenicht geskryf het. Sy woeker met haar taal. Die laventel het haar geïnspireer om haar pen op te tel. Met haar eerste besoek hier, is Laventelliefde geskryf. Later, toe sy weer hier by Purple Posy kuier, sien ‘n Landery van saam-staan-vroue die lig.


 Afrikaans is ‘n 100 jaar en dans nog tussen die laventel!


Kom ons doen almal weer moeite met ons mooi taal!


ree

 
 
 

Comments


bottom of page